½k Rabarbersap
½k Pynappelstroop
1e Lemoensap
1e Suurlemoensap
Gebreekte ys
Kook rabarber (die rooskleurige stingels is die mooiste) wat in stukkies gesny is, met `n gelyke deel water tot dit sag is.
Syg dit deur `n deursygdoek en meet die vloeistof. Voeg 2/5k suiker by vir 1k sap enkook weer 2 min. lank.
Voeg by ½k rabarbersap, ½k pynappelstroop van ingemaakte pynappels of kook die skil en die stronk van 1 pynappel
15 min lank met ½k water en ½k suiker. Syg dit deur en gebruik.
Voeg die lemoen- en die suurlemoensap by en skud dit goed saam in `n bottle.
Sit 2 e gebreekte ys in elke glaie en gooi die mengsel daarop. Dien dit dadelik yskoud op
L.W. Hierdie hoeveelheid sal genoeg vir 4 glasie wees.