Wednesday, 20 July 2011

Jannie se Pynappel Malva Tert






















Bestandele:

1 Pakkie Tennis Biscuits
1 x 410g  Blik Kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
20 x Pienk en Wit Malvalekkers in stukke gesny
1 x 410g  Blik Pynappel Stukke gedreineer en sny verder in stukkies / ek gebruik ‘n blikkie crushed pynappel
1 x boksie Orley-whip


Metode:

Pak Tennis Beskuitjies onder in tertbak

Klop die Orley-whip tot styf.  Vou die kondensmelk, suurlemoensap, malvalekkers en pynappel stukkies by die orley-whip beslag. 

Gooi oor die tennisbeskuitjies en krummel 2 beskuitjies bo-oor

Plaas in yskas vir 1 uur of 2 uur