Tuesday 5 July 2011

GRENADELLA YSKASTERT





















1 Blikkie ingedampte melk (oornag verkoel)
1 klein blikkie grenadellamoes
½ koppie strooisuiker
1 pakkie suurlemoenjellie
1 koppie kookwater
2 x 200g Tennisbeskuitjies

Klop die ingedampte melk tot styf. Voeg strooisuiker by en dan die grenadellamoes.

Meng jellie met die kookwater en laat koud word. Meng met die melkmengsel.

Plaas ‘n laag beskuitjies in ‘n groot genoeg tertbak. Gooi ‘n laag van die melkmengsel bo-oor. Herhaal weer met ‘n laag beskuitjies en daarna weer melkmengsel.

Strooi paar krummels bo-oor.

Laat staan vir ongeveer 15 minute.

Plaas in yskas en verkoel tot gestol