(4 - 6 porsies)
•180 g (500 ml) hawermout
•100 g amandels, grofgekap
•100 g pistasie-neute
•30 ml bruinsuiker
•180 ml esdoringstroop (maple syrup)
•100 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
•500 ml Griekse jogurt
•1 groot papaja, saad uitgekrap en geskil
•warm heuning vir voorsit
Verhit oond tot 180 ˚C. Meng hawermout, amandels, pistasie-neute, suiker, stroop en sjokolade saam in 'n mediumgroot mengbak. Versprei op 'n bakplaat en rooster vir sowat 15 - 20 minute of tot die muesli 'n taai voorkoms kry. Laat afkoel. Verdeel jogurt tussen bakkies en sit voor saam met muesli en papaja. Skep warm heuning bo-oor.
Wenk: Maak die muesli as geskenk vir 'n vriendin. Verpak dit in mooi glasbottels met 'n boodskap by.