Vir al die RUGBY ondersteuners! Lekker sout by bier en vinnig om te maak...
1 1/2 K meelblom
1 eier
1 K melk
knippie sout
1 K suiker
3 eetlepel botter
2 teelepel bakpoeier
Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam. Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel. Smeer 'n lang pyrexbak en plaas deegmengsel in. Bak in oond teen 180 Grade C. Wanneer gaar druk gaatjies met 'n vurk en gooi 'n 1/2 koppies gesmelte botter oor. Smeer marmite dun oor en rasper 'n lagie cheddar kaas oor.