Thursday 19 May 2011

WORTELBREDIE



















WORTELBREDIE
 (4 - 6 porsies - sowat 3 uur)
  • 30 ml olyfolie
  • 1 kg lamsnek
  • 6 piekeluie, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 1 lourierblaar
  • 1 blik (420 g) kersietamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1,2 kg g klein worteltjies
  • 800 ml lamsvleisaftreksel
Verhit oond tot 180 ºC. Verhit die olie in 'n groot oondkastrol. Braai die lamsnek tot lekker bruin. Voeg die uie en knoffel by en braai vir sowat 10 minute. Voeg die kruie, lourierblaar en geblikte tamaties by. Geur met sout en peper en voeg die wortels by. Roer goed deur en sit deksel op. Plaas in oond. Verlaag die temperatuur van oond ná 2 uur tot 160 ºC. As jy sien die bredie se sous is te veel, kan jy die deksel afhaal en dit vir die laaste uur oop laat kook.
WENK:  Dis iets vir wortelliefhebbers. Jy hoef nie klein worteltjies te gebruik nie - jy kan ook groot wortels in ringe sny.