Thursday 26 May 2011

Vir die naaldwerk kamer.

Hier is 'n oulike idee wat baie van jul dalk alreeds gesien het, maar ek plaas dit ook met goeie nuus.  Jy hoef nie meer spykers deur die dekseltjies van die bottels te kap en in die hout rak nie.  (Jou vingers is dus nou veilig.)  Die produk "no more nails" werk baie goed en hou baie sterk.  Plak net die dekseltjies vas en daar het jy maklike en goedkoop bere plek vir al daai klein goedjies wat altyd rondlê, en boonop lyk dit soos 'n spesiale dekor item.

Die idee kan ook baie oulik werk in 'n "spens-kas" in die kombuis waar jy dalk jou kruie en speserye bere of ook in 'n garage vir al die spykers en skroefies.