Friday, 27 May 2011

Lente-groentesop
















Lente-groentesop
4 porsies

•30 ml olyfolie
•2 preie, in skuins 2 cm- stukke gesny
•2 murgpampoentjies, in stokkies gesny
•1 rooi soetrissie, in repe gesny
•2 wortels, in dun stokkies gesny
•150 g dun groenbone, punte afgesny
•1 selderystingel, gekap
•4 mediumgrootte aartappels, geskil en in 8 wiggies elk gesny
•30 ml groente-aftreksel, opgelos in 1 liter kookwater
•6 takkies bonekruid (summer savoury) of dragon (tarragon)
•1 lourierblaar
•growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie in ’n kastrol. Voeg groente (behalwe die aartappels) by en soteer oor lae hitte tot effens sag. Haal groente uit en hou eenkant. Soteer aartappels vir so
2 minute in dieselfde kastrol en voeg aftreksel by. Voeg bonekruid (of dragon) en lourierblaar by. Geur met growwe sout en swartpeper. Laat prut vir 15 – 20 minute. Voeg groente by en laat verder prut vir 10 minute. Garneer met vars
bonekruid.