Wednesday, 25 May 2011

Ixias en Sparaxis

Beide Ixias - Kalossies (links op foto hier bo) en Sparaxis hou baie van vol son. 
Hulle sal halfdag son verdra, maar wanneer hulle in volson geplant word, floreer hulle. 
Beskikbaar in kleure soos pers, blou, rooi, oranje, pienk, geel, wit en nog vele meer, maak hulle ‘n pragtige kleurvolle prentjie wanneer hulle in groepe saam geplant word. 
Werk op so 5 of meer in ‘n groep, maar as jy nie kan beskostig om tonne bolletjies te koop nie, sal ‘n paar bolletjies hier en daar tussen klein struike of as randakker ook ‘n pragtige vertoning gee.
Hulle is maklike bolletjies om te groei in jou tuin en kan een of twee grade van ryp hanteer.
Plant hul in potte om ‘n sonnige stoep op te vrolik of gebruik hulle oral by jou rotstuin.  Hulle sal blom so gedurende September en Oktober as jy hulle nou op die laatste einde Mei plant.
Die korter weergawe in die familie is die Sparaxis met meer interessante kleur patrone aan die binnekant van die blom.  (regs op foto hier bo)