Friday 20 May 2011

Idees vir kleur in 'n kerk tuin.

Een van ons lede wou weet hoe om 'n kerk tuin te verfraai.  Hier is 'n paar idees:

Baie keer is ‘n kerk die plek waarheen mense loop wanneer hulle nie meer weet watter kant toe nie.  Sulke tye is n bankie erens by ‘n boom of struik altyd ‘n nuttige welkome rusplek vir die gemoed en moeë bene.  My voorstel sou dus eerste wees om erens ‘n bankie as sitplek te hê en gebruik dit dan as begin punt vir die kleur wat jy dan rondom dit plant. 

My eerste keuse vir kleur in ‘n tuin wat struike betref is altyd Sheenah’s Gold (geel-groen skakerings van blare) veral as jy reeds gevestigde bome in die tuin het.  Dan is daar Coleus (met hul rooi en groen skakerings).  Daar is baie variasies beskikbaar.



Flax (foto hierbo) gee ook weer 'n ander vorm van blare (lang spitsvormig) en het kleure wat tot skakerings van pienk insluit.

Plante wat in die bybel voorkom soos palms, olyfbome of die mirteboom kan in houers geplant word as jy hoogte benodig.

Vir blomme kleur hierdie tyd van die jaar (Herfs), sal ek beslis Pansies (Gesiggies) aanbeveel.  Dis soos ‘n klomp vrolike gesiggies wat mens begroet (iets wat jy tog altyd by die kerk wil sien).  As jy dan bv. al langs ‘n paadjie klomp van hulle bymekaar plant, kan dit ‘n ongelooflike prentjie vorm.  Hoe meer hoe beter.  Hulle blom regdeur die winter en kan selfs tot in die somer tonne kleur verskaf.  (nou beskikbaar in tuinsentrums).
Kyk ook na “Kale” (Flowering Cabbage). 

'n Oulike idee wat beslis aandag sal trek:  Saai pietersielie en ment en basil tussen die blomme en as die lente begin, saai jy groente saadjies tussen in.  Dan word dit sommer ‘n “community tuin” waar mense kan gaan “kyk en gebruik”.  Ook handig vir latere kerk funksies….(bv. basaar).