Tuesday 17 May 2011

Hergebruik of Nuwe dekor ?

As jy dalk pas getroud is en nie die wereld se begroting het vir al die nuutste dekor idees nie, kyk na die fototjie.
Twee gebruike vir ou hout lere.  Ja die soort wat jou pa dalk in die garage gebruik het of wat laas gebruik was toe die huis geverf is, maar wat nou vervang is met daai blink aluminium leer.
Stof hom af of skuur hom af, of behou die outydse wereld mooiheid in die leer soos hy is. 
Hier is dit ingespan as 'n boekrak (mag dalk net 'n bietjie gevaarlik wees as jy hom nie vas monteer teen die muur nie, so skroef hom eerder vas) en 'n potte rak wat uit die dak hang.  Pragtig en goedkoop.