Thursday 11 June 2020

Jan se souskluitjies - Kook en geniet

  
      Bestanddele
1 koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
4 eetlepels botter
2 eiers
1 eetlepel suiker
fyn kaneel
¼ - ½ koppie gesmelte botter

      Metode
Sif die droeë bestanddele saam en vryf die botter by.
Klits die eiers en suiker saam tot lig.
Voeg by die meelmengsel en meng liggies.
Gooi water sowat 5 cm diep in 'n kastrol.
Voeg ½ teelepel sout en ¼ teelepel kaneel by die water en bring tot kookpunt.
Doop 'n teelepel in kokende water en skep bolletjies deeg in die kokende water - so 5 op 'n slag.
Laat dit 10 minute kook, met of sonder deksel.
Lig die kluitjies uit die water, skep dit in 'n warm bakskottel en strooi kaneelsuiker en gesmelte botter oor.
Herhaal tot al die deeg klaar is.As jy meer as 5 kluitjies op 'n slag indie kokende water skep, slaan party daarvan toe.
(RSG)