JoLinda Van Vuuren
Bederf jou gesin met die heerlike gebakte hoenderborsies wat in dun skywe gesny is en gebak is met die lekkerste bros degie. Bedien saam met lekker self tuisgemaakte mostert en sweet chillie sous (wellington's), lekker verby, die kombinasie loop saam. Hoender is sappig en sag binne en krispie buite. Kan ook saam met slaai geniet word en ja vir platters ook vir funksies, mense gaan vir jou resep vra, glo my....
In groterige diepbord
Sif die volgende saam:
1 koppie koekmeel
1 teelepel vars bakpoeier
2 ml sout
1 ml koeksoda
Meng mooi deur met lepel en voeg dan 250 ml kraanwater en nog so klein bietjie water by en meng mooi glad deur en voeg dan een druppel eggyellow by en roer mooi deur. Deeg moet mooi sag loopbaar wees. Nie styf of te dun nie, deeg moet mooi kan vorm om vleis. Laat staan vir 15 minute, roer deur en bak.
4 groterige hoenderborsies, sonder vel in dun skywe gesny, sien foto.
Sout en peper vleis na smaak en strooi koekmeel al om die vleis, skud liggies oortollige meel af en druk in degie, haal uit en laat drup oortollige deeg eers af en bak in matige warm olie tot ligbruin gaar, plaas op kombuispapier.
☆Repies vark werk ook lekker. Maak n soet/suur sous en rys met rysspeserye en/of borrie. Braai n Klein pkt gemengde groente of stir fry meng met rys....hmmmm n lekker Chinese etetjie.