Thursday 20 September 2018

BRANDEWYN TRUFFELS



BRANDEWYN TRUFFELS
•Bestanddele:-
2 Plakke Melk kooksjokolade
¼ Blok Sagte botter
4 Eetl Dikroom
3 Eetl Brandewyn
1 Pakkie Versiersuiker, gesif
Sjokolade-vermicelli of gekapte neute
•Metode:-
Smelt sjokolade teen 70% krag in mikrogolfoond. Klits gesmelte sjokolade, botter, room en brandewyn saam. Sif versiersuiker geleidelik by en meng tot ‘n stywe pasta vorm. Plaas mengsel in yskas tot styf genoeg om te hanteer. Breek groot genoeg stukkies af om truffles te vorm en rol in ‘n balletjie. Rol elke balletjie in vermicelli of neute, geroosterde klapper en laat toe om te stol. Plaas elke truffle in ‘n klein kolwyntjiepapiertjie.
☆Wenk:
Moenie langer as tien dae voor die tyd maak nie. Moet verkieslik in yskas geberg word. Ook ‘n ideale geskenk vir iemand spesiaal. Verpak truffles in mooi geskenkboksie met ‘n strik.