Thursday 20 September 2018

BIERBOKS SJOKOLADE KOEK



BIERBOKS SJOKOLADE KOEK
•Wat jy nodig het:
150 ml olie, 500ml water, 200 ml kakao, 10 ml vanilla geursel, 8 eiers, 750 ml suiker, 875 ml koekmeel,17.5 ml bakpoeier
•Doen die volgende:
Kook die volgende saam in 'n kastrol: water, olie, kakao en vanilla geursel.Bring tot kookpunt en haal dan af om af te koel.Klop die eiers en suiker saam tot lig en donsig.Voeg die meel en bakpoeier by die eier mengsel en klop die kakao en olie mengsel daarby in.Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uit gevoer hetBak teen 180 * C vir 30 - 35 minute.Versier met enige sjokolade versiersuiker of gebruik die volgende een:
VERSIERSUIKER
125 ml botter of margarien
500 ml versiersuiker
150 ml kakao
60 ml yogurt
Smelt margarien en versiersuiker, voeg dan die kakao en yogurt by.