Wednesday 8 August 2018

WEGLE WORSIES



WEGLE WORSIES
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
8 hoenderworsies
500 g baba-aartappels
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
5 ml (1 t) appelwynasyn
30 ml (2 e) olie
250 ml (1 k) soetrissiesous
½ rooi-ui, gesny
sout en vars gemaalde peper
METODE:
Voorverhit die oond tot 200 ⁰C. Sit die worsies op ’n bakplaat en braai 10 minute.
Kook die aartappels in soutwater tot sag. Klits die mosterd, asyn en olie saam.
Gooi die soetrissiesous oor die gebraaide worsies en roer om seker te maak die worsies is bedek. Sit nog 10 minute in die oond, of tot die sous taai is.
Sny die aartappels en plaas in ’n bak. Voeg die mosterdmengsel by.
Sit die aartappels saam met die worsies en uieringe voor.