Tuesday, 28 August 2018

Ontbytkoek



Ontbytkoek
500ml meel
20ml bakpoeier
60ml suiker
Knippie sout
Sif boonste bestanddele goed saam

2 eiers
500ml melk
Klits goed en meng Met die meel mengsel Gooi in twee gesmeerde koekpanne en Bak by 180 grade celsius vir ongeveer 20min of tot gaar.
Smeer albei kante van die koeklae Met botter - Ek smelt botter en verf Met kwas Sit eerste laag koek in bordSmeer bovril oor die laagNou smeer jy fyn avokadopeer oor wat reeds fyn gemaak en sout en peper gemeng isDan laag salami of kouevleis van keuse Nou die volgende laag koek Sit laag roereiers (so 7 eiers) bo-op die koek Laaste lekker baie gerasperde kaas Versier soos verkies. Bedien dadelik
(Trudy Erasmus Pienaar)