Tuesday 28 August 2018

Maklike Skons



Maklike Skons
Min of meer genoeg vir Ses skons
Bestanddele
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 eier – vul die koppie verder met melk
½ teelepel sout
Metode
Meng alles deurmekaar en skep ‘n vol lepel in kolwyntjie pannetjies. Bak in oond op 180C tot gaar. (So 10 na 15 minute)
Wenk
Varieer deur of gerasperde kaas of geklopte biltong by die mengsel te voeg.
Om te toets of dit gaar is: druk liggies met jou vinger op die skons en dit sal weer terug spring.
Of toets met n toetspen, tande stokkie of skerp mes.
As die toetspen skoon uitkom is dit gaar.