Wednesday 8 August 2018

BANANASPLIT YSKASTERT



BANANASPLIT YSKASTERT
Bestanddele:
1 Pakkie "banana instant" poeding (aangemaak met 2 koppies melk)
250gr roomkaas (by kamertemperatuur)
½ kop versiersuiker
250ml room
2 pakkies tennisbeskuitjies
500gr aarbeie
1 Blikkie pynappelstukkies (goed gedreineer)
10 na 12 kersies, gekap
Sjokolade en karamel sous
Gekapte neute
Metode:
Maak piesang instant poeding aan met 2 koppies melk.
Klits die roomkaas en versiersuiker tot gladde mengsel.
Meng ½ kop piesang poeding in by die roomkaasmengsel en meng goed deur.
Klits die room tot styf.
Meng 2/3 van die room in by die roomkaas mengsel.
Begin deur ‘n lagie koekies onder in ‘n bak te pak.
Smeer ½ van die roomkaas mengsel oor.
Sny nou dun skyfies aarbeie en pak bo-op.
Smeer nou ‘n lagie met die ½ van die piesang poeding oor.
Pak weer ‘n lagie koekies.
Smeer orige roomkaas mengsel oor.
Gooi die pynappel en kersies oor.
Gooi die laaste piesang poeding oor.
Pak weer 'n lagie koekies.
Eindig af met die styfgeklopte room.
Spuit nou nou die sjokolade en karamel oor met die neute.
Sit in die yskas vir tenminste 4 ure of oornag.
Indien jy kleiner glasbak wil gebruik kan jy meer lae pak.
Indien jy die sjokolade en karamelsous wil los, strooi net neute en nog fyngemaakte tennisbeskuitjies oor.