Friday 6 July 2018

Vakansie plaatkoekies



Vakansie plaatkoekies
Bestanddele
3 groot aartappels, geskil en gerasper
2 murgpampoentjies, gerasper
½ ui, gerasper
¼ k broodkrummels
¼ k parmesaankaas, gerasper
5 tiemietakkies
2 eierwitte, liggies geklits
sout en gemaalde swartpeper
olie vir braai
Metode
Voorverhit oond tot 200°C.

  Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak en geur met sout en peper.
Verhit die olie in ‘n braaipan tot matige hitte.
Skep lepels vol van die beslag in die olie en druk plat met die agterkant van ‘n lepel om ± 15cm deursnee plaatkoekies te maak.
Braai vir 5 minute aan elke kant tot goudbruin en plaas dan in die oond tot gaar.
Bedien met roereier en gekapte grasuie, of roomkaas en vars salm.
(RSG)