Tuesday 24 July 2018

PANNEKOEK ONTBYT



PANNEKOEK ONTBYT - Ertjies De Witt
Pannekoek ontbyt in lae gepak met verskillende vulsels
Die vulsels is sommer uit die yskas geneem. Kaas baie kaas, tamatie pasta sous, maalvleis en sampioene. Pak die pannekoeke in lae met die vulsels tussen die lae en bak dan in die oond totdat Kaas gesmelt het en alles deur warm is. (160 grade C)
Sny dan in skywe en bedien
Die was lekker gewees
OF
Ek het hom gepak met savoury maalvleis van die vorige aand, twee soorte koue vleise in blokkies gesny en gebaai, tamaties en gebraaide uie en sampioene. Tussen die lae het ek dit verder opgekikker met blatjang, soet rissiesous en Dijon mosterd.