Friday, 6 July 2018
Ongebakte Sago Poeding
Helena Kruger se Ongebakte Sago Poeding
1 k Sago (oornag geweek)
Spoel uit in vergiettes [2x]
1 k suiker
3-4 k melk
4 e botter
1 t vanielje geursel
Knippie sout
Pypkaneel
Appelkoos konfyt
Verhit melk en botter in kastrol,
Gooi sago en suiker in kookmelk-mengsel in kastrol.
Kook tot dikkerige pap en sago blink raak, roer gereeld (10-15min op lae hitte). Haal af van die stoof.
Roer vanielje by, gooi in opdien bak.
Strooi kaneel oor, sit konfyt bo-op in klontjies of smelt n bietjie in mikrogolf en smeer oor.
Warm of koud ewe lekker saam met Appelkooskonfyt, Stroop, Vla of Roomys
Wenk: Rita - Ek het nie die sago oornag laat week nie....net 'n uur of so is genoeg. Maak net seker jy spoel goed af