Friday 6 July 2018



KOFFIE VARKTJOPSGenoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 1-1¼ uur
BESTANDELE:
6 varktjops
250 ml (1 k) koekmeel, gegeur
met sout en peper
30 ml (2 e) olie
30 ml (2 e) botter
2 uie, in ringe gesny
30 ml (2 e) kitskoffiekorrels
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) druiweasyn
125 ml (½ k) gouestroop
10 ml (2 t) bruinsouspoeier
sout en vars gemaalde peper
METODE:
Voorverhit die oond tot 150 °C.
Keep die vetkante van die varktjops in. Rol die tjops baie deeglik in die gegeurde meel.
Maak die olie warm, braai die tjops alkant goudbruin en pak in ’n groot oondbak.
Verhit die botter en braai die uie tot sag. Los die koffiepoeier =in die kookwater op en voeg dit saam met die asyn, stroop en souspoeier by die uie. Proe en geur met die sout en peper. Laat prut tot verdik.
Giet die sous oor die tjops, bedek die bak met foelie en bak 45 minute tot ’n uur, of tot die tjops sag is.
Sit voor met gaar, gekneusde aartappels en gekapte, vars pietersielie.
Bron: Huisgenoot Resepte