Friday 6 July 2018

GEBRAAIDE VARK TJOP MET VRUGTE SAMBAL



GEBRAAIDE VARK TJOP MET VRUGTE SAMBAL
4-6 varklendetjops
sout en peper
SAMBAL
1 rooi-ui, gehalveer en in dun skywe gesny
1 pynappel, in
blokkies gesny
2 Granny Smith-appels, kern verwyder en in blokkies gesny
 1 avokado, in blokkies gesny
’n handvol platblaarpietersielie, grof gekap
 30 ml (2 e) wit balsemieke asyn
Voorverhit die oond tot 190 °C.
Geur die vark met sout en peper en verseël die tjops in ’n warm pan vir 1 minuut weerskante.
Plaas dit op ’n bakplaat en braai dit 10-15 minute in die oond tot gaar na jou smaak.
SAMBAL
Meng al die sambalbestanddele, geur met sout en
peper en giet die asyn oor.
Kan voorgesit word met ekstra slaaiblare.
Bron; Huisgenoot resepte