Thursday, 28 June 2018
HEUNING-GEMMERKOEK
HEUNING-GEMMERKOEK - Mirriam Nkhoma
Bestandele:
2¼ k meel
1½ t bakpoeier
1½ t koeksoda
1t kaneel
½ k sterk tee (of koffie)
½ k olie
¾ k suiker
1 k heuning
3 eiers
1 t fyngerasperde gemmer
½ k vlokkies of fyn Makadamianeute
2 e gesmelte botter
2T heuning
Metode:
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel saam. Meng die tee, olie, suiker, heuning, eiers en die gemmer. Meng die twee mengsels en gooi in ‘n gesmeerde broodpan. Sprinkel die neute bo-op. Bak 40 tot 50 minute by 150˚C. Meng intussen die botter en heuning. Wanneer die koek uit die oond kom, gooi die mengsel stadig oor (sodat alles geabsorbeer word). Bedien koud met botter of net so.