Wednesday 13 June 2018

Christa se bakleivis (Skelvis)



Christa se bakleivis (Skelvis)
Bestanddele
600 g skelvis
200 g skulpnoedels
500 ml melk
1 ui, fyngekap
2 eetlepels botter
40 ml koekmeel
1 eier, geklits
1 koppie cheddarkaas, gerasper
sout en peper
knippie rooipeper
sap van 1 suurlemoen
handvol pietersielie
broodkrummels
Metode
Kook die vis gaar in die melk.
Haal die vis uit en vlok dit. Behou die melk.
Kook noedels gaar.
Braai die ui in botter tot sag en voeg die koekmeel by.
Voeg die melk stadig by en roer aanhoudend.
Voeg die vis en die res van die bestanddele, behalwe die noedels en broodkrummels, by.
Pak die vis en die noedels in lae in 'n oondbak.
Strooi die broodkrummels oor.
Bak teen 180 grade vir 20 minute.
(RSG)