Friday 29 June 2018

Argentynse karamel-pannekoek



Argentynse karamel-pannekoek
genoeg vir 12
• 500 ml melk
• 3 eiers
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 100 g (125 ml) strooisuiker
• 10 ml fyn kaneel
• sonneblomolie vir braai
• 250 ml sjokoladeneutsmeer (Nutella)
SOUS
• 1 x 360 g-blik karamelkondensmelk
• 100 ml melk
Plaas melk, eiers, koekmeel, strooisuiker en kaneel in groot bak en meng met draadklitser tot gladde beslag. Laat rus in yskas vir 1 uur. Terwyl beslag rus, maak solank die sous. Bring kondensmelk en melk tot kookpunt en roer oor lae hitte tot gladde sous. Verhit kleefvrye pan van 25 cm in deursnee tot warm. Doop kombuispapier in olie en vee vinnig oor bodem van warm pan. Gooi ’n bietjie beslag in pan en beweeg stadig in die rondte tot hele bodem bedek is – probeer pannekoek so dun moontlik maak. Braai ’n paar sekondes en keer pannekoek om. Braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Keer pannekoek uit op houtbord. Smeer eetlepel vol sjokoladeneutsmeer oor pannekoek met lepel se agterkant. Vou twee buitekante van pannekoek na binne en rol pannekoek stewig op soos ’n sigaar. Herhaal met res van beslag tot alles op is. Stapel pannekoek-rolletjies op opdienbord en gooi karamelsous oor. Sit voor