Friday 29 June 2018

AARTAPPEL KERRIE



AARTAPPEL KERRIE
30 ml botter
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1-3 rooi brandrissies, ontpit en gekap
5 ml elk koljander- en komynsade
10 ml garam masala
2 ml borrie
1 kg baba-aartappels, geskil en middeldeur gesny
150-200 ml groenteaftreksel
150 ml Bulgaarse jogurt of room
jasmynrys en vars koljander om voor te sit
METODE:
Smelt die botter in ’n groot pan. Voeg die ui, knoffel en brandrissies by en braai dit tot sag. Voeg dan die speserye by en braai dit tot geurig.
Voeg die aartappels by en braai dit vir drie minute. Roer sodat die aartappels met die speserye bedek word. Gooi die aftreksel by en laat dit met die deksel op prut vir 20 tot 25 minute of tot die aartappels byna gaar is. Haal die deksel af en laat dit vir nog vyf minute prut