Thursday, 21 June 2018

Appelstrudel




Appelstrudel
4 tot 6 porsies
4 groen appels, geskil, ontpit en in skyfies gesny
125 ml (½ k) rosyntjies
15 ml (1 e) suurlemoenskil, fyngerasper
125 ml (½ k) suiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
50 g (½ pakkie) gemaalde amandels
6 fillodeegvelle
100 g (1/5 blok) botter, gesmelt
30 ml (2 e) ekstra botter
250 ml (1 k) vars broodkrummels

Stel oond op 180 °C.
1.Meng appels, rosyntjies, suurlemoenskil, suiker, kaneel en gemaalde amandels in mengbak.
2.Plaas een fillodeegvel op werksoppervlak en verf met gesmelte botter. Sit volgende fillodeegvel bo-op en verf met botter. Hou so aan tot al die fillodeegvelle gebruik is.
3.Verhit ekstra botter in braaipan. Voeg broodkrummels by en roerbraai tot ligbruin. Sprinkel broodkrummels oor fillodeeg.
4.Skep appelmengsel op een kort kant van fillodeeg. Laat ’n 5 cm-opening aan bokant (kort kant) van fillodeeg en 2 cm aan kante (lang kante).
5.Vou kante van fillodeeg in om appelvulsel toe te maak en rol op.
6.Sit op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Verf nog gesmelte botter oor.
7.Bak vir 40 minute of tot ligbruin bo-op.
8.Laat effens afkoel. Sprinkel versiersuiker oor en sit saam met styfgeklitste room voor.
WENK Vervang rosyntjies met gedroogde bosbessies (cranberries)