Tuesday 29 May 2018

Spekboomsop



Spekboomsop
Bestanddele
750 g skenkelvleis
2 uie, opgekap
sout en peper
1 blokkie hoenderekstrak
1 - 2 liter water
2 koppies gedroogde ertjies, in water geweek
1 koppie spekboomblare
Metode
Plaas vleis, uie, sout, peper en hoenderekstrak in 'n drukkoker.
Bedek dit met water en kook tot sag.
Kook die ertjies en spekboomblare in 'n ander kastrol tot sag.
Voeg dit by die vleismengsel, en geur na smaak.
(RSG)