Wednesday 9 May 2018

SOUTSKONS MET WINKELMENGSEL



SOUTSKONS MET WINKELMENGSEL - Elsabie Templeton
Net partykeer is ek ook lui in die kombuis …. maak souterige skons van gekoopte mengsel. Maak dit ekstra lekker met salami, piepklein Rosa tamaties, cheddar, gerookte paprika, gerasperde rooi uie en gee dit ‘n bietjie skop met rooipeper. Perfekte lui Sondag oggend ontbyt in ‘n muffin papiertjie.
500 g pakkie Snowflake Easymix Scone mix
Gooi droë bestanddele van pakkie in mengbak. Sprinkel bietjie gerookte paprika oor die droë mengsel (gerookte paprika se geur is redelik sterk so jy kan met minder wegkom as wat jy dink).
Meng die nat bestanddele soos per pakkie aanwysings in ‘n maatbeker.
Sit die volgende bestanddele by (selfs ham, worsies, oorskiet braaivleis, boeliebief blokkies kan gebruik word):
1 koppie gerasperde Cheddar
100g gesnipperde salami
100 g klein Rosa of kersie tamaties
Halwe grof gerasperde rooi ui
Vou die melk/eier/olie mengsel en die ekstra bestanddele in die droë meel in mengbak. Ek het sommer in Kenwood gemeng maar dit net bymekaar gebring met die K-aanhangsel tot bestanddele nat is. Moet die deeg nie oorwerk nie dan sal dit nie mooi uitrys nie.
Skep in muffin papiertjies wat in medium muffin pannetjies geplaas is en met kleefvrye kos sproei uitgespuit is. Sprinkel bietjie kaas bo-op en rooipeper na smaak.
Bak volgens aanwysings op pakkie of tot gaar.
Hierdie mengsel met my ekstra bestanddele het 19 soutskons gemaak.