Wednesday 9 May 2018

MELKTERT VULSEL



MY MA SE MELKTERT VULSEL
2 k volroommelk
4 rondvol e suiker (die ou mense het van “rondvol” gepraat – ek het dit gaan afweeg en “rondvol” is 110 g)
¼ t sout
2 groot eiers, geskei
2 rondvol e Maizena (50 g) – gemeng met ’n bietjie van die afgemete melk
½ t amandel-essens
1 e botter (nie margarien nie)
kaneelsuiker (gemaak van ’n bietjie suiker en fyn kaneel)
amaretti-koekies (beskikbaar by enige supermark)
METODE:
Plaas die melk, suiker en sout in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
Klits die eiergele en voeg die Maizena-mengsel by.
Giet hierdie mengsel baie stadig in die melkmengsel terwyl jy aanhoudend vinnig roer met ’n draadklitser.
Kook vir 5 minute tot gaar terwyl jy aanhoudend roer.
Voeg die amandel-essens en die botter by en roer goed.
Klits die eierwitte tot sagtepunt-stadium en vou dit in by die vlamengsel.
Giet in koppies, sprinkel met kaneelsuiker en bedien met amaretti-koekies.