Wednesday 9 May 2018

BLATJANG WILDSMAELVLEIS



BLATJANG WILDSMAELVLEIS
Bestandele
2 Uie
2 Seldery stingels in dun skyfies gesny
2 Eiers
1 Kg wildsmaelvleis
1 Eetlepel pietersielie
2 Koppies broodkrummels
2 Teelepels kerriepoeier
1.5 Teelepels sout
0.25 Teelepel growwe swart peper.
Sous
0.5 Koppie blatjang (Mrs Balls Hot Chutney is ‘n wenner)
0.5 Koppie tamatiesous
2 Eetlepels Worcestershire sous
2 Eetlepels asyn
2 Eetlepels bruinsuiker
1 Teelepel kitskoffiepoeie in 0.25 koppie water opgelos
Metode
Verhit oond tot 180 grade
Braai uie en seldery effens en voeg dan met kerriepoeier by die maelvleis
Braai die maelvleismengsel tot dit net-net gaar is
Meng die res van die vestandele by die vleismengsel en plaas in oondskottel
Meng sous bestandele saam
Gooi sous oor vleismengsel en bak dan vir 1 uur op 180 grade.
dienamibier.com