Wednesday 9 May 2018

Hoenderpastapot



Hoenderpastapot
Bestanddele
3 knoffelhuisies
3 eetlepels botter
3 uie
1 pakkie sampioene
1 blok kaas (gerasper)
500g pasta
2 blikkies ingedampte melk
2 liter melk
10 hoenderstukke
4 eetlepels olyfolie
sout en peper na smaak
Metode
1.Begin deur die botter en olyfolie in die platboompot op die vuur te gooi.
2.Voeg gekapte uie en knoffel by en braai totdat die uie half gaar is. Verwyder uit pot, sodat die mengsel van uie en knoffel nie vas brand nie.
3.Voeg die hoender stukke nou in die leë pot (gooi nog olyf olie by indien nodig).
4.Braai hoender totdat die bruin verskyn aan albei kante (dit hoef nie heeltemal gaar te wees nie).
5.Voeg room en ongeveer twee koppies melk by.
6.Voeg weer die uie-en-knoffel-mengsel by en versprei eweredig in die pot.
7.Roer af en toe die room-en-melk-mengsel en verseker dat hoender onder die mengsel bly.
8.Voet sout en peper by.
9.Sodra die hoender gaar is word die pasta en sampioene bo-op die hoender in die pot gepak.
10.Voeg ekstra melk by sodat die pasta halfpad bedek word in die vloeistof.
11.Sit die pot se deksel op en laat prut sodat die pasta kan gaar word.
12.Sodra die pasta gaar is, strooi gerasperde kaas oor en laat staan in die hitte totdat die kaas gesmelt is.
(Vrouekeur)