Wednesday 25 April 2018

ROMERIGE KERRIE OONDHOENDER



ROMERIGE KERRIE OONDHOENDER
2 eetl Olie
1 Ui opgesny
Sout en peper na smaak...
1 elk Rooi en geel soetrissie opgesny
1 groot Wortel gerasper
2 Knoffelhuisies fyngedruk


1 tl vars gerasperde Gemmer
1 gekapte groen brandrissie (opsioneel)
15 ml matige kerrie poeier of na smaak
1 blik fyngekapte tamaties
30 ml blatjang
1 k hoender aftreksel
1 k room
1 hoender in porsies gesny
Braai die hoender porsies tot bruin in die olie en verwyder uit die pan.
Braai die ui,wortel,knoffel,gemmer,soetrissie en brandrissie in dieselfde pot vir 10 min oor matige hitte.
Roer voortdurend sodat dit nie aanbrand nie.
Voeg die res van die bestandele by en meng deur.
Verwyder van die hitte.
Pak die gebraaide hoender In n oondvaste bak en giet die voorbereide sous oor.
Bak onbedek op 180 C vir 45-60 min tot goudbruin en gaar.
Bedien saam met rys.