Wednesday 25 April 2018

JAPTRAP VLA BEDERF



JAPTRAP VLA BEDERF
2 rolle gekoopte blaardeeg ontdooi
2 eiergele geklits
Rol die blaardeeg oop op n meelbestrooide oppervlak en druk in sirkels.
Verf elke sirkel se randjie met bietjie water en vou toe.
Pak op n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is en verf bo-op met die eiergeel.
Bak op 200 C vir 6-8 min of tot goudbruin en gaar.
Verwyder uit die oond en pak op n draadrakkie om af te koel.
VLA VULSEL
2 k volroom melk
60 ml vlapoeier
60 ml maizina
60 ml suiker
10 ml vanielje geursel
1 ml sout
15 ml botter
Meng al die bestandele, behalwe die botter en vanielje ,saam en plaas op die stoof oor lae hitte.
Prut terwyl heeltyd geroer word,tot die vla dik en gaar is.
Verwyder van die hitte en roer die botter en vanielje by.
Plaas n stukkie kleefplastiek direk op die vla om te keer dat n velletjie vorm en plaas eenkant om heeltemal af te koel.
Sny die pasteitjies aan die eenkant oop en spuit die afgekoelde vla met n versiersak in die pasteitjies.
Die pasteitjies is op sy lekkerste as hy dadelik geeet word.
(YUMMY CUPPYZ)