Tuesday 10 April 2018

MAALVLEIS EN PANNEKOEK GEBAK



MAALVLEIS EN PANNEKOEK GEBAK

¼t sout
¼t bakpoeier
1 koppie meel...
1¼ koppie melk
2 eiers
1E water
kookolie

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng geleidelik die melk by terwyl jy klits. Voeg dan die eiers en water by en klits goed om seker te maak daar’s geen klontjies nie.
Verhit ’n kwart teelepel olie in ’n kleefvrye pan.Skep ’n groot lepel beslag in die pan en skommel die pan effe om seker te maak die beslag bedek die hele pan.
Bak die pannekoek vir ’n paar sekondes tot ligbruin, draai die pannekoek om en braai aan die ander kant. Herhaal met die res van die beslag.

VULSEL:
30 ml sonneblom
1 groot wortel, in klein blokkies gesny
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500g maalvleis
2 tamaties, in blokke gesny
10 ml droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
300 ml beesvleisaftreksel
15 ml bisto
30 ml water

Verhit die olie in ’n kastrol. Braai die wortel, ui en knoffel tot sag.
Voeg die maalvleis by en braai totdat die vleis los is en nie meer pienk nie.
Gooi die gekapte tamaties, gemengde kruie en beesvleisaftreksel by.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut vir sowat 30 minute.
Verdik die sous deur die Bisto met die water te meng. Voeg by die vleismengsel en laat kook tot dik.

WITSOUS:
60 ml Botter of Margarine
80ml meel
Sout en peper na smaak
500 ml Melk
Knippie of twee nutmeg

Smelt die botter in ´n kastrol oor lae hitte
Roer die meel, gemeng met sout en pepper, geleidelik by die gesmellte botter tot dit glad is.(gebruik ´n houtlepel)
Voeg die melk by en roer deurentyd tot die sous dik en glad is.

Skep n lepel maalvleis vulsel in elke pannekoek en rol die pannekoek op.
Pak die pannekoek in n gesmeerde oondvaste bak.
Giet die witsous oor en sprinkel cheddar kaas oor.
Bak op 180C vir 15-20 min of tot goudbruin bo-op.