Tuesday 10 April 2018

Gevulde Botterskorsie



Gevulde Botterskorsie
Benodighede:
1 klein botterskorsie (pampoentjie werk ook)
300g maalvleis
1 ui
Blatjang
Kaas
Speserye na smaak
Metode:
Kook botterskorsie tot sag. Skil dan botterskorsie, sny in die helfte en haal pitte uit.
Braai ui en maalvleis. Geur met speserye na smaak. Meng halwe koppie blatjang by en laat prut.
Skep dan maalvleis oor die botterskorsies. Rasper kaas oor en geniet.
*Opsioneel: ‘n lekker witsous is ook heerlik saam met die dis