Wednesday 28 March 2018

WARM AARTAPPEL SLAAI



WARM AARTAPPEL SLAAI

1 kg aartappels gekook in soutwater tot sag,geskil en opgesny.
50 ml vars gekapte pietersielie
125 ml griekse slaaisous...
125 ml wit druiwe asyn
125 ml biefvleis aftreksel
30 ml olyfolie
5 ml engelse mosterd
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 k radyse in skyfies gesny (opsioneel)
1 ui in dun skyfies gesny
200 g gesnipperde spek
1 eetl suiker

Braai die spek bros in die olie.
Voeg die slaaisous,mosterd, asyn,suiker en vleis aftreksel by en bring tot kookpunt.
Geur met sout en peper.
Giet die kokende slaaisous oor die warm aartappels en voeg die res van die bestandele by.
Meng liggies deur.
Bedien dadelik.