Wednesday 28 March 2018

HAM EN KAAS TERTJIES



HAM EN KAAS TERTJIES

2 rolle gevriesde blaardeeg ontdooi
300 g ham in blokkies gesny...
300 g cheddar kaas gerasper
5 ml mosterd poeier
1 ml rooipeper (of na smaak)

Sout na smaak
4 ekstra groot eiers geklits
80 ml room
5 ml gedroogde pietersielie

Rol die blaardeeg effens dunner op n meelbestrooide oppervlak en druk sirkels in die deeg wat groot genoeg is om klein quiche pannetjies of muffin pannetjies mee uit te voer.  Spuit die panne met kleefwerende kossproei en voer elke holte met n deeg sirkel uit.  Plaas n bietjie ham in elke tertjie.  Meng die res van die bestandele en giet oor die ham. Bak op 180 C vir 25-30 min of tot goudbruin en gaar.  Sit warm voor.