Monday 26 March 2018

Vispastei



Vispastei
Bestanddele
400 g-blik sardyne in soutwater
1 ui, gekap
30 ml klapperolie
30 ml klappermeel
3 eiers
250 ml volroommelk
5 ml sout
gemaalde swartpeper
5 ml origanum

Resep Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pasteibak.
2.Dreineer die sardyne en maak dit met ’n vurk fyn.
3.Braai die ui liggies in die klapperolie. Voeg die ui by die vis en roer.
4.Voeg die klappermeel en eiers by en roer goed.
5.Voeg die melk, sout, peper en origanum by en meng.
6.Giet alles in die pasteibak en bak vir 30 minute.
7.Die pastei raak ferm wanneer dit staan; wag dus 10 minute voordat jy dit sny.