Tuesday 27 March 2018

Souskluitjies

Bestanddele:
 
4 eetl hoogvol koekmeel
1 eetl botter (by kamertemperatuur)
1 eetl suiker
1 eier
1 tl bakpoeier
1 tl sout
1 eetl melk
Metode:
Klits botter en suiker
Meng meel, bakpoeier en sout
Klits eier saam met 1 eetl melk
Voeg eier by botter- en suikermengsel, meng goed en voeg meel by.
Meng tot gladde pasta – dit moet ‘n stywe deeg wees sodat jy teelepels vol kan skep.
Neem 'n pot met 'n deksel en gooi 2 kop kookwater in. Bring die water elke keer tot kookpunt (dit moet borrels maak) – skep teelepels vol in en SIT DEKSEL OP EN HOU TOE VIR 2 MINUTE. Moenie oopmaak nie anders slaan jou kluitjies toe. Toets met toetspen of dit gaar is
Skep uit in bak, gooi water/sous wat nog in die pot is bo-oor. Strooi kaneelsuiker bo-oor en stip klontjies botter ooral
Maak volgende baksel en pak bo-op die ander kluitjies. Stip elke keer met botter asook die kaneelsuiker en die sous/water
Hierdie was 3 beslagte gewees !!

Image may contain: food