Monday 26 March 2018

Prettige Paashaas Plaatkoekies



Prettige Paashaas Plaatkoekies
Jy benodig:
Piesangs en eiers vir jou plaatkoekies
Vrugte van julle keuse vir versiering
Heuning of stroop (opsioneel)

Die plaatkoekieresep bevat slegs 2 bestanddele: eiers en piesangs! Dit beteken dat die plaatkoekies een gluten of suiwel bevat nie. Vir elke medium grootte piesang, gebruik 2 eiers. Die resep kan ook maklik verdubbel word.
*Hierdie beslag is genoeg vir 8 klein plaatkoekies
Metode:
1.Skil die piesang af en sny dit in stukkies. Jou kleinding kan help om hierdie takie te verrig.
2.Druk die piesang lekker fyn met ‘n vurk totdat daar geen groot klonte meer is nie. Julle kan ook ‘n aartappeldrukker gebruik.
3.Klits die eiers tot skuimerig in ‘n klein mengbakkie.
4.Voeg die eiers by die piesangs en meng goed tot vloeibaar.
5.Verhit ‘n pan tot op medium hitte. (Spuit bietjie kleefweerende sproei in jou pan om te verhoed dat jou plaatkoekies vasbrand).
6.Skep lepels vol van die beslag in die pan en bak tot goudbruin.
7.Hou in gedagte dat jou hasie ‘n lyfie, kop en oortjies moet hê, so die groottes van jou plaatkoekies sal verskil.
8.Laat die plaatkoekies afkoel en moedig jou kleinding aan om sy/ haar eie hasie te maak. Gee ‘n bietjie leiding waar nodig, maar laat dit aan hulle oor om kreatief te wees.
Vir die stertjie kan julle gerasperde appel gebruik, maar as julle nie daarvan hou nie, gebruik ander vrugte of selfs 'n bietjie kaas. Die voetjies kan versier word om soos regte pootjies te lyk met voetkussings en toontjies. As jy graag wil, draai dit om en maak vir jou hasie ‘n gesiggie en ‘n magie, of, beter nog, maak sommer een van elk!

OF

Plaatkoekies
ongeveer 12
Bestanddele
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
15 ml (1 e) suiker
1 eier
30 ml (2 e) olie
90 ml (6 e) melk
60 ml (4 e) water
Metode
1. Sif meel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Roer suiker by.
2. Klits eier liggies en voeg olie, melk en water by. Klits tot gemeng. Roer eiermengsel by meelmengsel, maar moenie te veel meng nie.
3. Spuit braaipan met kossproei en laat goed warm word.
4. Skep eetlepels vol beslag in braaipan. Bak 1 min en elke kant.
5. Sit saam met gouestroop of sjokoladeroomyssous voor soos verkies.