Monday 26 March 2018



Piesangkoek met Roomkaas Versiersel
(Geure uit die valley)
 Lewer 1 dubbel laagkoek
460gr. Koekmeel, gesif
10gr. Koeksoda
295ml. Vars Melk...
1 ½ t. Witasyn
4 Ryp Piesangs, geskil
Sap van ½ Suurlemoen
180gr. Botter, kamertemperatuur
2 ¼ K. Witsuiker
3 Eiers
Kaneel & Roomkaas versiersel:
250gr. Botter, kamertemperatuur
250gr. Roomkaas, kamertemperatuur
280gr. Versiersuiker
5ml. Gemaalde Kaneel
Metode:
Plaas die koeksoda by die meel en roer om te meng. Voeg die witasyn by die vars melk, roer liggies en hou eenkant. Maak die piesangs fyn met ‘n vurk, druk die suurlemoensap oor die piesangs en meng tot fyn, as jy ‘n paar heel stykke piesang het is dit nie die ‘n krieses nie. Plaas die botter en die witsuiker in ‘n elektriese menger en meng tot jy ‘n ligte mengsel het. Voeg nou die eiers een vir een by die mengsel. Voeg die meel- en melkmengsels om die beurt by tot jy ‘n gladde beslag het. Nou kan jy die fyn piesang byvoeg, meng tot mooi glad. Skep die beslag in twee koekpanne en bak teen 150ºC vir 60 minute. Verwyder die koeke uit die oond en laat heeltemal afkoel.
Vir die versiersel: Plaas die botter in die mengbak van ‘n elektriese menger en meng totdat die botter lig van kleur is,nou kan jy die roomkaas byvoeg. Meng totdat jy ‘n gladde mengsel het. Sif die versiersuiker en kaneel saam. Voeg nou die gesifte versiersuiker en kaneel by en meng op ‘n lae spoed tot die versiersel mooi glad is. Versier koek soos jy verkies en garneer met vars bessies, gekapte neute en vars blomme.