Monday 26 March 2018

Paasbolletjie brood en botterpoeding



Paasbolletjie brood en botterpoeding
Bestanddele
4 ekstra groot eiers, geskei
125ml strooisuiker
knippie sout
500ml melk
6 paasbolletjies, in snye gesny
Metode
Verhit die oond tot 170°C.
Spuit 6 groot oondvaste koffiekoppies met kleefwerendesproei.
Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig.
Voeg die sout en melk by en meng.
Week die snyepaasbolletjies in die melkmengsel.
Pak die paasbolletjies onderin die koppies.
Giet die orige melkmengsel oor.
Bak 35 minute of totdat die eiermengsel gestol is.
(RSG)