Monday 26 March 2018

Malvalekkerpaaseiers



Malvalekkerpaaseiers
Bestanddele
16 eiers
140 ml water
250 ml (1 k) strooisuiker
10 ml (2 t) gelatien
30 ml (2 e) water (ekstra)
2,5 ml (½ t) vanielje
125 ml (½ k) versiersuiker
BOLAAG
300 g (1 groot en klein 1 plak) donker­sjokolade
silwer lekkergoedballetjies

Metode
1 Verhit water en strooisuiker oor matige hitte in kastrol tot suiker opgelos is.
2 Spons gelatien in 30 ml (2 e) water (ekstra).
3 Roer gelatien by warm stroop tot opgelos.
4 Verwyder van hitte en laat 20 min. afkoel. Gebruik elektriese klitser en klits ongeveer 8 min. tot baie dik en wit.
5 Voeg vanielje by en klits tot goed gemeng.
6 Sprinkel paaseiervompies met versiersuiker en skep van malvalekkermengsel binne-in. Maak gelyk bo-op.
7 Laat vir twee uur in yskas tot gestol. Keer op versiersuikerbestrooide oppervlak uit.
8 Bolaag Smelt sjokolade teen 70 % krag in mikrogolf of in dubbelkoker.
9 Doop malvalekkereiers daarin en plaas op bakpapier om te stol.
10 Sprinkel lekkergoedballetjies bo-oor.
11 Hou in lugdigte houer.

WENK
Jy kan die malvalekkermengsel met voedselkleursel kleur vir gekleurde Paaslekkers.
(Vrouekeur)