Monday, 26 March 2018

MELKTERT KOEK



MELKTERT KOEK
Melktert vulsel
1 blik kondensmelk
2 blikke melk(kondensmelk blik)
50 ml botter. Kook saam
2 eiers geskei
60 ml vlapoeier
1/2 blik melk meng goed-voeg by melk mengsel sodra dit kook en verwyder v warm plaat. Voeg 10ml karemel essence by, meng goed, vou styfgeklopte eier wit by. Laat afkoel,
Koek
20ml botter
1/4. Suiker.
2 eiers. -Room saam
Voeg 1 1/2 koppie gesifte bruismeel en n knippie sout by en meng met houtlepel tot n rolbare deeg.
Maak 5 Klein balle en rol uit in n sirkel en bak teen 180 grade vir 8 minute , op n uitgevoerde oond pan met was papier. Ek gebruik “spring vorm” pan om te meet om dieselfde groote te kry en ook om my lae in te pak en om te bere in yskas oornag.
Sit laag koek in “spring vorm” koekpan bedek met vulsel (1 1/2 soplepel) strooi kanneel oor en herhaal tot koek en vulsel klaar is.
My melk tert vulsel was nog lou maar maak nie saak nie, laat net heeltemal afkoel voor in die yskas sit .
Spring vorm- koekpan wat kan Los maak of bodem
(Suidwestersmaakkos)