Monday 26 March 2018

Deeg Karmenaadjies



Kosblik idee:
Pierre du Plessis se Deeg Karmenaadjies
Hierdie resep is al vir geslagte lank in ons familie en ek is nog steeds versot daarop. Ideaal vir 'n aandete, kosblik of padkos. Vries baie goed en kan weke lank gevries bly.
Lewer ongeveer 36 koekies
BENODIG:
1 kg Steak mince
sout, peper, koljander en Worcestersous na smaak. Opsioneel kan bladjang ook bygevoeg word.
Meng vleis met geur en smaakmiddels en laat rus vir minstens halfuur.
500 ml Meelblom
30 ml Bakpoeier
3 eiers
Knippie sout
Klits eiers met 2 koppies water en voeg by meel. Meng tot slap deeg. Voeg sout by.
MAAK SO:
Maak plat patties van die maalvleis mengsel ongeveer so groot soos R1 muntstuk. Patties moenie te duk wees nie. Doop patties in deegmengsel en verseker dat patties rondom egalig met deeg bedek is. Bak in matige diep olie, draai om en bak tot albei kante goudbruin is. Die vleis sal gaar en sappig wees.