Friday, 3 November 2017

Bunny chow met boerewors



Bunny chow met boerewors
4 porsies
Bestanddele
4 groot broodrolletjies met ’n harde kors
olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie
600 g boerewors
16 klein tamaties, gehalveer
4 eiers, geklits
sout en peper
Metode
Stel oond op 160 ˚C.
1.Sny 3 cm van broodrolletjies se bopunte af. Hol rolletjies met jou vingers uit. Plaas broodkrummels op bakplaat en laat vir 15 minute effe uitdroog.
2.Verhit olie en soteer ui, knoffel en gemengde kruie tot gaar. Hou eenkant.
3.Sny boerewors in 4 cm-stukke en braai tot gaar. Voeg tamaties by en braai liggies.
4.Skep uie terug by boerewors en voeg geklitste eiers by. Roer mengsel liggies. Verwyder van hitte sodra eier gestol is.
5.Roer uitgedroogde broodkrummels by boereworsmengsel. Geur na smaak met sout en peper.
6.Skep mengsel in holtes van broodrolletjies en sit dadelik voor.
(Vrouekeur)