Tuesday 10 October 2017

Pannekoek ontbyt



Pannekoek ontbyt
Vul pannekoek met roereier, beacon, kaas, ens.
Basiese Pannekoek Resep:
Bestanddele
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
2 koppies water (of 1 koppie melk en een koppie water)
1 eetlepel olie
Metode
Sif droë bestandele saam.
Klits die eiers en voeg melk/water om die beurt by.
Bak op plaat in 'n kleefvrye pan.
Die pannekoek is gaar sodra borrels op die oppervlak verskyn.
Idees:
Bedien met suiker, kaneel en botter.
Of met maalvleis en groente;
Of met appelvulsel: 1 blik tertappels. Kook saam met suiker tot fyn, of gooi sap af en gebruik die appelstukkies;
Of met gerasperde Weense worsies met kaas.